1. Strandburg is `n privaat woonstelkompleks. Die woonstelle in die kompleks behoort aan verskillende eienaars. Hierdie webblad verwys na eenhede 306, 505 en 606 uitsluitlik.
2. Gaste onderneem om die Strandburg woonstelkompleks se reëls en regulasies na te kom (voorsien saam met kwotasie).
3. Gaste het toegang tot een (1) gratis voertuig parkeerplek per woonstel. Indien beskikbaar kan addisionele parkering vooraf gereël word teen `n addisionele koste.
Voertuie mag slegs geparkeer word in die aangeduide parkeerplek(ke) soos aan u toegeken.
4. Rook is streng verbode in al die woonstelle.
5. Geen troeteldiere word toegelaat nie.
6. Geen braaiers of oop vure (hout, gas of houtskool) word in die woonstelle of op die balkonne toegelaat nie. Maak asb gebruik van die gemeenskaplike braai area.
7. Vuurwerke mag nie op die perseel afgevuur word nie.
8. Wees asseblief bedagsaam teenoor ander gaste deur geraasvlakke so laag as moontlik te hou. Geen geraas of harde musiek na 22H00 nie.
9. Vullisdromme word verskaf op elke vloer. Vullisdromme is ook beskikbaar op die grond vloer en by die braai area. Geen warm as of vlambare middels mag in die vullesdromme geplaas word nie.
10. Geen wasgoed mag op die balkonne of uit die woonstel vensters gehang word om te droog nie.
Deel ons webblad met vriende en familie...